Sessie 6: Geplant in die Gemeenskap

Fasiliteerder se Voorbereiding

– Onthou om te luister vir “moet taal”. Ons wil dissipels herinner dat moets nie langtermyn groei bring nie. Dissipelskap in uitnodigend … ipv “ek moet meer Bybel lees” help groepslede om eerder te sê “ek voel uitgenooi om meer Bybel te lees.”
– Aan die begin kan die orde van die ontmoeting stremmend voel, dit help ons egter om die container te bou vir groei – as daar meer energie in spesifieke dele van die materiaal is , koester dit. Partymaal is daar dele wat moeiliker gesprek ontlont, dit is ok. Oor tyd sal jy as fasiliteerder self die gevoel ontwikkel hoe om die gespreksenergie in die container te volg.
– Die ritmes beweeg van sessie 4 van individualistiese na korporatiewe ritmes toe , hier in sessie 6 is ons in die gemeenskap! 

Materiaal vir die groep

 

Die groep kan die sesde sessie se groepsmateriaal hier aflaai.

 

Die sesde sessie se daaglikse joernaal vir groepslede kan hier afgelaai word.