Sessie 5: Legkaart ritme, Wat is my unieke bydra?

Fasiliteerder se Voorbereiding

– Onthou om te luister vir “moet taal”. Ons wil dissipels herinner dat moets nie langtermyn groei bring nie. Dissipelskap in uitnodigend … ipv “ek moet meer Bybel lees” help groepslede om eerder te sê “ek voel uitgenooi om meer Bybel te lees.”
– Aan die begin kan die orde van die ontmoeting stremmend voel, dit help ons egter om die container te bou vir groei – as daar meer energie in spesifieke dele van die materiaal is , koester dit. Partymaal is daar dele wat moeiliker gesprek ontlont, dit is ok. Oor tyd sal jy as fasiliteerder self die gevoel ontwikkel hoe om die gespreksenergie in die container te volg.
– Die ritmes beweeg van sessie 4 van individualistiese na korporatiewe ritmes toe. Sessie 4 se oefening wat die groepslede gevra het om terugvoer in te win is die begin hiervan.
Dan vir Sessie 6 is die volgende voorbereiding vir jou as fasiliteerder belangrik …
In sessie 6 gaan die groep  jul gemeenskap verken (sien die opmerking onder afdeling VIII van sessie 5 se materiaal “Volgende week se ontmoeting gaan iewers in jul gemeenskap plaasvind. Die fasiliteerder sal vroegtydig inligting deurgee.”
Vir hierdie sessie stel ek voor dat jy 1 van 2 opsies uitoefen.
1. Laat die groep in spesifieke dele van jul buurt rondloop township, gated communities, sakesentrum, winkelsentrum, parke ensv. As jy in ‘n kleiner konteks is loop, anders ry en loop.
2. Of die groep kan in die buurt rondry en op spesifieke plekke stop (en dan iewers na die tyd ontmoet vir die gesprek)
Hier is van die vrae wat die groep in die 6de Sessie gaan ondersoek wat jou kan help om te dink hoe julle die groep se “Skuif jou lyf” gaan fasiliteer:
– Wat is die bakens in die buurt en wat vertel dit ons oor die woonbuurt?
– Wat is die mense in die buurt se vres? Hoe word dit in hierdie buurt uitgedruk?
– Wat is die buurt se hoop en drome?
– Wie word as die suksesvolle mense in hierdie buurt geag? Hoekom word hulle as suksesvol beskryf?
– Watter vakansiedae word die meeste in hierdie buurt gevier?
– Hoe spandeer mense hulle geld, tyd en talente in hierdie buurt?
– Hoe skakel die burgers van hierdie buurt met die owerhede se leierskap?
– Waar is die gemeenskaplike spasies in die buurt waar mense kan speel en sosialiseer na werk?
– Hoe sien mense die kerke in hierdie omgewing? Hoeveel kerke is daar?
– Wie is die onsigbare of uitgewerpte mense in die buurt?
– Wie is die mense met die meeste mag/die dominante mense in die buurt?
– Is hierdie buurt gefokus op die gemeenskaplike of die individualstiese? Hoekom?
– Wie is die mense wat in hierdie buurt hulle beywer vir die “common good”?
Met hierdie vrae in ag, gaan jy as die fasiliteerder moet dink hoe om die groep aan julle unieke omgewing bloot te stel. Laat weet maar as julle vrae het … en sterkte vir die reis!

Materiaal vir die sessie

Die groepsmateriaal vir hierdie sessie kan hier afgelaai word.

Die groep se daaglikse materiaal om hulle te help om hulle lewenstorie te ontwikkel kan hier afgelaai word.