Missionale Dissipelvorming in die NG Kerk

Agtergrond van die Navorsing

In 2017 het die Taakspan vir Dissipelvorming van die Wes-Kaap Sinode met Tom Smith kontak gemaak om deel te word van die taakspan se werkinge. Hierdie taakspan is deel van die Missionale Transformasie groep wat deur die Algemene Sinode afgevaardig is om gemeentes te help om deel te word van die missionale beweging.

In Mei 2018 het die navorsing afgeskop met ‘n fokusgroep en inleidende opleiding vir die ontwikkeling van ‘n prototipe wat kan dien as ‘n moontlike pedagogie vir die ontwikkeling van missionale dissipels. Hierdie bladsy gaan gebruik word om die leiers wat deelneem aan die navorsing in te lig en ook om terugvoer oor die prototipe se ontwikkeling te ontvang.

Die Wes-Kaap taakspan se navorsingsprobleem is die volgende: Watter pedagogie kan gemeentes help om missionale dissipels te vorm? Die prototipe van Rhythm of Life gaan gebruik word as ‘n intervensie, en daarna verfyn word vir gebruik in ander gemeentes. Hierdie bladsy sal die fasiliteerders en die deelnemers in die navorsing help met inligting.

Gedagtes oor die uitnodiging vir die reis

 

Op die missionale reis word elkeen van ons geroep om deel te word van die avonture van die lewegewende God. Hierdie avontuur word in die Matteus evangelie uitgebeeld met die glimlaggende Jesus wat uitbundig die Vader dank dat hierdie peligrimstog nie kompleks is nie maar aan die eenvoudiges openbaar word. Jesus gesels met die Vader en sê,

 “Thank you, Father, Lord of heaven and earth. You’ve concealed your ways from sophisticates and know-it-alls, but spelled them out clearly to ordinary people. Yes, Father, that’s the way you like to work.”Jesus resumed talking to the people, but now tenderly. “The Father has given me all these things to do and say. This is a unique Father-Son operation, coming out of Father and Son intimacies and knowledge. No one knows the Son the way the Father does, nor the Father the way the Son does. But I’m not keeping it to myself; I’m ready to go over it line by line with anyone willing to listen.“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

 

As leiers (wat volgelinge van Jesus is) word ons ook ingenooi in hierdie “unique Father-Son operation”. Jesus wat uitnooi “Kom!” vorm steeds groepe wat leer om in die ritmes van God te leef.  Jy word in jou gemeenskap genooi om mense vir ‘n 10 week avontuur te fasiliteer in die Missio Dei se weë.

Ons beoog om die avontuur in die week wat die skole begin te loots (17 Julie). As jy nog nie mense uitgenooi het nie, is dit nou die tyd!

 In die wonderlike boek “Community: The Structure of belonging“skryf Peter Block oor die krag van ‘n uitnodiging: “Invitation is the means through which hospitality is created. Invitatioin counters the conventional belief that change requires mandate or persuasion. Invitation honors the importance of choice, the necessary condition for accountability” (Block, 2009: loc1262-1263).

 Block noem dat ‘n goeie uitnodiging die volgende elemente bevat: Die toekoms moontlikhede wat die uitnodiging kan ontsluit, ‘n opsie om nee te kan sê, die koste van deelname en ‘n persoonlike uitnodiging.

 Hier is ‘n paar wenke wat jy kan toepas om mense uit te nooi op hierdie 10 week avontuur:

 – Probeer mense persoonlik uitnooi. Jou uitnodigings sal meer treffend wees as jy dit in persoon doen (jy kan later ‘n opvolg epos of whatsapp stuur). Wie is die kernleiers wat jy in jou gemeente/gemeenskap wil uitnooi op hierdie avontuur? (minimum van 3, maksimum van 9) … skryf hulle name neer en kyk of jy hulle in die oë kan kyk en hul uitnooi.

Nooi mense in die spesifieke reëlings van die reis in, en verduidelik wat dit hulle gaan kos. Die reis gaan 10 weke lank duur. Dit gaan bestaan uit ‘n 2 uur groepsessie per week en 20 minute se daaglikse oefeninge. Die reis gaan ook bestaan uit terugvoer in die groter groep. Dit kan help as jy reeds weet watter tyd die weeklikse groepsbyeenkoms kan plaasvind. Die reis kos dus iets, en die mense wat jy uitnooi kan self die koste bereken (Lukas 14:25-33). As jy die koste verduidelik en iemand sê nee, is dit ok. My kollega Adri-Marie sê gereeld, “how you catch them is how you keep them”.

Probeer om diversiteit in die groep in te bring. Mans en vrouens, en mense met verskillende lewenservarings of verskillende dele van die gemeente se bedienings.

– Onthou om mense te herinner aan die doel van die avontuur. Block skryf oor die uitnodiging, “An invitation is more than just a request to attend; it is a call to create an alternative future, to join in the possibility we have declared. The question is, “What is the invitation we can make for people to participate in creating a future distinct from the past?“(Block, 2009: loc1273-1275).

 Ons nooi mense op ‘n leerervaring wat die NG Kerk in die Wes-Kaap kan help om ‘n prototipe vir missionale dissipelvorming te ontwikkel. Hulle is dus deel van ‘n pioniersgroep wat saam leer en iets nuuts innoveer.

 Dit sal goed wees as jy in hierdie week jou groep kan saamstel. Kom ons bid vir mekaar soos ons die groepslede uitnooi.

 Laat weet asb as daar enige vrae is.

Voorbereiding Week 1

Hieronder is ‘n 20 minuut onderhoud wat ek met Adri-Marie van Heerden gehou het om ons geheue te verfris oor die ekosisteem wat ons bou wanner ons as groepe bymekaar kom. Luister dit asb en laat weet in die “Comments” wat julle sou byvoeg of as daar enige vrae is. Jy kan ook die file hier aflaai as jy dit op ‘n ander manier wil luister.

How we gather Matters

by Adri-Marie van Heerden en Tom Smith | Fondasies vir die intervensie met die Prototipe

3 Comments

  1. Tom Smith

    Vriende, Gebruik asb hierdie deel as julle verdere gedagtes oor How We gather Matters het. Dankie

    Reply
    • Dewald

      Thnx, leka dinge om uit te try.
      Skilpaadjie uitbring gaan my bybly!
      Die hantering van iemand wat baie praat hou vir my uitdaging in.
      Hoe bedoel jul met allies kry?

      Reply
      • Tom Smith

        Beste Dewald,

        Dankie vir die boodskap. ‘n Ally is iemand wat jou kan help om ‘n “keeper of the space” te wees. Dit kan ‘n vertroueling wees wat jy voor die groep se ontmoeting uitnooi om jou te help om die beginsels van “how we gather matters” toe te pas. Hulle kan jou bv. help met ek-stellings in die groep. Maak dit sin?

        Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

 

Bel of Whatsapp my

(072) 60056016

 

Epos my

tom@rhythmoflife.co.za